SES REGRUK INTERIEURWENKE VIR ‘n NUWE SEISOEN
- Verfris vinnig jou badkamer of kombuisteёls deur dit te verf of met die nuutste byderwetse teëlplakkers te versier.
- “Big & Bold” – Helder ‘n area op deur bv. een bank in ‘n kuierarea in ‘n helder kleur oor te trek.
- Verf die 5 de muur, die plafon, in die vertrek ‘n ander skakering as die res van die mure – veral by hoё plafonne.
- Vul gapings, veral hoeke in vertrekke, met vertikale lyne soos staanlampe of oorgroot plante.
- Sorg vir verskillende teksture in ‘n vertrek – bv. ‘n glasbladkoffietafel bo-op ‘n Nguni-vel .
- Gee aandag aan klein detail soos kasdeurhandvatsels -goedkoop en maklik om te vervang.