THE POST SE GEDRUKTE UITGAWE VIR DESEMBER/JANUARIE IS VAN VANDAG BESKIKBAAR BY ONS GEREELDE VERSPREIDINGS PUNTE

THE POST se gedrukte uitgawe vir Desember/Januarie is van vandag beskikbaar by ons gereelde verspreidings punte.

Ons voorbladfoto dié maand is van kleurvolle seilbote met helder seile wat pragtig weerspieël tydens sonsondergang, met ’n verwysing na Albert Schweitzer se aanhaling “Kindness can accomplish much. As the sun makes ice melt, kindness causes misunderstanding, mistrust, and hostility to evaporate.”

Een van die uitstaande hoogtepunte in hierdie uitgawe is die inligting en inskrywingsvorm vir die eerste GB Night Ride, ’n unieke nagfietsry-geleentheid wat in Desember plaasvind. Dit beloof om ’n onvergeetlike ervaring te wees wat geen avontuurliefhebber wil misloop nie.

Ons bespreek ook die geliefde Lights & Lanterns-fees, wat in 2015 ontstaan het as ’n spesiale familie-viering van ’n moeder se 80ste verjaarsdag. Dié jaarlikse fees het sedertdien ’n hoogtepunt op die kalender geword.

Die Desember/Januarie-uitgawe bevat ook onder meer interessante artikels oor die geheime lewens van rotspoelwesens, strandveiligheid en die wet, en oor die swartrugmeeu – sommer net ‘n meeu?”.

Lekker lees!