THE POST se gedrukte uitgawe vir Junie 2024 is van Saterdag, 1 Junie, beskikbaar by ons gereelde verspreidingspunte.
Ons voorbladfoto dié maand is deur Susan Wilkinson, wat eksperimenteer met vloeistof-kunsfotografie, van Unsplash.
Die Junie 2024 uitgawe het onder meer ’n interessante artikel oor die waarde van goeie buurskap, hoe om die uitdagings van digitale bankdienste te hanteer, die keuse tussen “Wiskunde” en “Wiskundige Geletterdheid”, selfsorg deur die Deense konsep van “hygge” en natuurlik het ons ook ’n heerlike Vlaamse Stowepot-resep. Regte trooskos vir die winter.