THE POST SE GEDRUKTE UITGAWE VIR NOVEMBER 2024 IS VANDAG BESKIKBAAR BY ONS GEREELDE VERSPREIDINGSPUNTE.
Ons voorbladfoto dié maand is van vier potlode wat lê op ‘n kleurvolle, tekstuurryke oppervlak, gevul met verfstrepe, met ’n verwysing na Bruce Garrabrandtse se aanhaling “Creativity doesn’t wait for that perfect moment. It fashions its own perfect moments out of ordinary ones.”
Een van die hoogtepunte in hierdie November 2024-uitgawe is die inligting oor die eerste opwindende GB Night Ride-nagryfietsry-geleentheid wat in Desember vanjaar plaasvind. Jy kan dié avontuur net nie misloop nie.
Die uitgawe bevat ook onder meer interessante artikels oor vyf wenke om jou kind te leer om geld te spaar, die sogenaamde reënvoëltjie, en oor “nul is niks, of is dit iets?”.
Lekker lees!