VROETELVOORSKOOT PROJEK MET ADASA
September is Internasionale Alzheimer’s Bewusmakingsmaand. ADASA (Vereniging vir Demensie en Alzheimer van Suid-Afrika) is die land se verteenwoordigende liggaam by Alzheimer’s Disease International. Hulle is toegewy aan die verbetering van die lewenskwaliteit van individue wat deur demensie geraak word, asook diegene wat vir hulle sorg. ADASA se doel is om die belange van demensie-lyders te behartig en hulle sowel as hul versorgers te ondersteun.
Onlangs is ‘n kompetisie bekendgestel waar mense in die gemeenskap gevra is om vroetelvoorskote te maak en te skenk. Vroetelvoorskote is terapeutiese hulpmiddels met verskeie voorwerpe daaraan vasgeheg om rustelose hande besig te hou en ook troos en stresverligting te bied. Die bekende voorwerpe op sensoriese hulpmiddels soos hierdie, help individue om self te kalmeer en dien as ‘n bron van visuele, tasbare en sensoriese stimulasie.
Die prysuitdeling het onlangs in Mosselbaai asook in George plaasgevind. In totaal is 122 inskrywings ontvang. Dis ingesamel en oorhanding aan ADASA.