Vlaamse Stowepot – trooskos vir die Winter
Bestanddele
600 gram beesvleis , in 4 cm stukke gesny
1 ui, grof gekap
6 gemmerkoekies
1 eetlepel mosterd
2 eetlepels botter
2 eetlepels meel
1 bottel (330ml) bruin bier (Heineken of Black Label)
100 ml beesvleisaftreksel
1 eetlepel bruinsuiker
2 lourierblare
‘n takkie vars tiemie
‘n takkie vars roosmaryn
sout en swartpeper
Aanwysings
- Smelt 1 eetlepel botter in ‘n groot gietysterpan, soteer die uie tot sag, verwyder en hou eenkant.
- Geur die meel met sout en swartpeper en rol die beesvleis blokkies daarin.
- Voeg 1 eetlepel botter by die pan, en braai die beesvleis in klein hoeveelhede oor matige hitte. Verwyder die vleis en hou eenkant saam met die uie.
- Voeg die bier in die pan en bring tot kookpunt. Voeg die beesvleis en uie weer in die pan, saaam met die kruie. Maak seker die beesvleis is heeltemal ondergedompel, voeg beesvleisaftreksel by indien nodig. Roer en laat prut.
- Smeer die mosterd aan albei kante van die gemmerkoekies en plaas bo-op die beesvleis. Dit sal heeltemal fyn kook en help om die sous te verdik.
- Laat die bredie prut met die deksel op vir 1,5 uur. Roer elke 30 minute. Verwyder dan die deksel en prut vir nog 30 minute tot die sous verdik het, verwyder van die hitte.
- Die bredie kan dadelik bedien word met skyfies of gekookte aartappels. Die bredie smaak egter op sy beste as jy dit met die deksel op laat staan vir 12 uur.