AMBASSADEUR VAN DIE MUSEFEES 2023

,

As ambassadeur vir die Musefees in Groot-Brakrivier en die hoogs suksesvolle Musefees in 2022 sien ek met groot opgewondenheid uit daarna om weer in hierdie hoedanigheid betrokke te raak by die Musefees wat vanaf 21-23 September 2023 in Groot-Brakrivier plaasvind. As Burgemeester en feesganger bied dit vir my die geleentheid om Groot-Brakrivier op informele wyse te besoek en sigbaar te wees by die aktiwiteite wat plaasvind.

Groot-Brakrivier val binne die Mosselbaai Munisipale Area waar ek as Burgemeester dien en die Musefees is ’n uitstekende platform waardeur die gemeenskap my beter – en ek hulle beter – kan leer ken. Dit lê nog vars in my geheue met hoeveel verwondering ek, my vrou Riëtte, en Onder-Burgemeester Cliffie Bayman, meegevoer is deur die Kwilt- en Tekstiel-uitstalling, om maar een van die talle hoogtepunte uit te lig.

Ek moedig u hartlik aan om hierdie kuns- en kultuurgeleentheid te ondersteun! Midde-in ons eie Mosselbaai Kunstefees bly dit vir my belangrik om enige inisiatiewe te ondersteun wat hul eie dorpe se ekonomiese groei help stimuleer deur bv. die unieke Muse-lin * kompetisie vir restaurante, platforms vir die jeug, musiekuitvoerings vir oud en jonk, belangstellings in stokperdjies deur die Muse vir Mans, kreatiewe werkswinkels, ’n Beeldhoupark, Art Meander en vele meer.

CAPTION

Back from left to right: Director of Economic Development & Planning Carel Venter, Municipal Manager Colin Puren, Principal Administrator in the Office of the Mayor Willie Conradie, Portfolio Chairperson for Finance Mark Furness, Director of Community Services Elize Nel.

Front from left to right: Executive Mayor Dirk Kotze, Annlerie van Rooyen (Muse organiser), Lieschke Steven-Jennings, CEO of Mossel Bay Tourism, Laurinda Smit (Muse organiser).

NAVRAE LAURINDA 082 738 8011 EN ANNLERIE 082 331 1434 VIR MEER INLIGTING OOR DIE MUSEFEES