ANTON SMIT-BEELDE IN GROOT-BRAKRIVIER

Die alombekende Anton Smit-beelde in Groot-Brakrivier is onlangs gerestoureer en opgeknap deur ’n  span deskundiges van Anton Smit se Kaapstad-ateljee. Die span het stil-stil die dorp binnegekom en aan die beelde begin werk, op eie onkoste. Nie net bly hierdie beelde ’n groot toerisme-aantreklikheid vir die dorp nie, maar dit dui ook op die onbaatsugtige gulhartigheid van Anton Smit wat vir dié besondere kusdorp goedgunstiglik die beelde leen sodat dit as inspirasie kan dien vir inwoners en besoekers. Ook ’n besondere woord van dank dat ons hierdie beelde op privaat grond kan uitstal.

 

Vir meer inligting oor Anton Smit besoek gerus sy webblad www.antonsmit.co.za of stuur

’n e-pos na info@antonsmit.co.za