Book Review: De Geschiedenis van Nederland in 100 Oude Kaarten

Hierdie boek geskryf deur  Marieke van Delft en Reinder Storm, vertel die geskiedenis van Nederland aan die hand van honderd historiese kaarte. Van die oudste bekende Nederlandse kaartjie uit 1307 oor die bou van ʼn kerk in de Aardenburgse heideveld tot een van die eerste fietskaarte uit 1896 en ʼn kaart van die stormvloed in 1953. Op die kaarte kan gesien word wat daar in die loop van die eeue verander het, maar ook wat tegelykertyd dieselfde gebly het. Daardeur kry die verhaal  ʼn heel besondere aktualiteit: ons maak elke dag deel uit van die geskiedenis.

Politieke omwentelinge word aangetoon maar ook besondere geboue en stede  en die ewige geveg van die Nederlanders met water. Daar is kaarte wat gaan oor vervoer, ekonomie, onderwys, godsdiens, vrye tyd of sport. Van die integrerende verhaal van haringvissery in die sestiende eeu tot die ambisieuse uitbreiding van die Amsterdamse gragtegordel in die tweede helfte van die sewentiende eeu tot ʼn kaart oor die aantal kinders tussen ses en twaalf wat in 1887 geen laerskool onderwys in Nederland ontvang het nie.

Natuurlik gaan die boek ook oor die kartografie self: befaamde kaartmakers soos Ortelius, Mercator en Blaeu kom ter sprake, asook P.R. Bos, die geestelike vader van die befaamde Bosatlas. Al eeuelank maak hulle kaarte om die wêreld te verken, oorsigtelik te maak en beter te begryp.

Die boek toon bowendien die groot rykdom aan verskillende soorte kaarte: geteken, gedruk op papier, perkament of tekstiel, in kleur of swart-wit. Daar is topografiese kaarte, nuuskaarte, geleentheidskaarte, kaarte in atlasse, muurkaarte, ens. Met hul soms uitbundige prente is hulle bowendien ʼn lus vir die oog.

Die samespel van pragtige illustrasies en inligting maak De Geschiedenis van Nederland in 100 Oude Kaarten verrassend en onweerstaanbaar boeiend.