LIGHTS & LANTERNS

Vanjaar se Lights & Lantern-fees vind op 20 Desember 2021 oorkant die polisiekantoor In Langstraat, Groot-Brakrivier, plaas.  Soos altyd, is die fokus van die fees stille refleksie en om lig na buite uit te dra. Vanweë  die onsekerheid rondom COVID-19 sal feesgangers nie hierdie jaar ’n piekniek op die perseel kan hou nie, maar slegs die kerse op die water kan kom beskou en ’n kort stappie deur ’n kersroete kan geniet. Toegang is R30 per persoon wat ’n kersie en kaartjie insluit wat aan die “Maypoles” vasgemaak kan word. Met COVID-19 in gedagte, koop asseblief die kaartjies vooraf, skryf die boodskappies daarop vooraf en help ons so om die fees so veilig moontlik vir almal te hou. Kaartjies is beskikbaar by Total in Groot-Brakrivier en Jan-Frederik in Langstraat 63.

Toeskouers sal net vanaf 19h00 toegang tot die perseel kan kry en die kerse sal eers teen 19h30 op die water geplaas word.

Kontak Laurinda Smit by 082 738 8011 vir enige navrae.