MY MUSE HET NIE GROEN OË NIE
Ek het altyd gedink dat wanneer ek aangesig tot aangesien met my Muse sou staan, haar oë groen sal wees. Weet nie hoekom nie, net gedink dit sou haar laat uitstaan … toe nie.
Die mees algemene oogkleur in die wêreld is bruin. Wetenskaplikes kontempleer dat daar in antieke tye oorheersend warm klimate was en dat die donker pigmentasie van die irisse heel moontlik die oë van skadelike ultravioletstraling kon beskerm. Melanien, die gene-groepering wat verantwoordelik vir bruin oë is, is die algemeenste en nog ’n rede hoekom bruin oë dominant is. Dit was dus ons as mensdom se eerste oogkleur – die res het eers later deur genetiese mutasies ontwikkel. Daar word geskat dat 70-90% van die wêreld se populasie bruin oë het.
Die iris se pigmentasie bepaal alle oogkleure en word geklassifiseer as: donkerbruin, “hazel” (ligbruin met groen/blou vlekkies); amber (goud/koper met geen bruin of groen vlekkies nie); blou, grys; groen; en “rooi” (waar melanien heeltemal afwesig is). Dan is daar ook nog heterochromie waar party dan is daar ook nog heterochromie waar party mense verskillende kleure oë het. Ongelukkig is dit gewoonlik die gevolg van ’n tipe sindroom of siektetoestand, of die beskadiging van die een iris.
Die meeste donkerbruin oë word in Afrika en Asië gevind, terwyl ligbruin oë gewoonlik by mense van Europese afkoms gevind word. Naas donkerbruin, het ligbruin oë natuurlik die meeste melanien. In hierdie gevalle is daar bruin pigment aan die buitekante van die iris en die verskillende vlekkies (goud, koper, groen of blou), is in die middel rondom die pupil gekonsentreer. As jy amberkleurige oë het, is dit heel moontlik dat jy voorouers in Spanje, Suid-Amerika of Suid-Afrika het. Navorsing dui daarop dat rofweg 8% van die wêreldbevolking blou oë het. Mutasie wat vir die blou oogkleur verantwoordelik is, het reeds duisende jare gelede plaasgevind. Blykbaar het alle blouoogmense wêreldwyd ’n enkele gedeelde voorouer, heel moontlik van die antieke Skandinawiese lande (ja mense, lees die Vikings!) afkomstig. Vandag het ongeveer 86% van Skotland en Ierland se populasie blou oë. Grys oë is nog skaarser (ongeveer 3% van die populasie) en het weer minder melanien as blou oë. Die samestelling van die grys oog is anders as die blou een en daarom reageer lig anders daarop, vandaar die grys/silwer skynsel. Groen oë met ’n lae hoeveelheid melanien is super skaars en kom net by ongeveer 2% van die populasie voor.
Die samestelling van die ouers se oogkleure bepaal ’n kind se oogkleur. Nog ’n interessante waarneming van wetenskaplikes is dat twee bruinoog-ouers ’n kind met blou oë kan hê, waar die blou kleur terugslaan in die familiegene. Die ander kant werk egter nie so nie – twee ouers met blou oë kan nie ’n kind met bruin oë voortbring nie. Alle babas word met bruin of blou oë gebore, die ander variasies, ook groen, kom eers na ses maande voor.
Interessant, net soos vingerafdrukke, is elke liewe mens op aarde se oogkleur, -vorm en -voorkoms, eie aan die persoon. Aangesien my Muse uit die Griekse mitologie kom, is haar oë bruin, maar dit maak nie saak watter kleur jou oë is nie, dit is uniek jy.
World Atlas, “The World’s Population By Eye Color”.