23 C
Mossel Bay
1st December 2023
Community & LivingGeneral knowledgeNewsProperty/Real estate

’N NUWE BEGIN

Mona de Wet tree na 18 jaar in die eiendomsbedryf af, maar het groot planne vir die toekoms. Sy deel hier van haar ervarings.

Hoe het jou reis met eiendomme begin? Dit het in 2005 begin toe ek De Kaap Eiendomme by Marinda Self gekoop het. In die jaar 2014 het sy saam met Pauline Richards en Marinda ’n assosiasie gestig en die besigheid as mede-eienaars begin bedryf.

Wat staan vir jou die meeste uit van jou tyd in eiendomme? Dit was vir my ’n voorreg om die publiek te help om akkommodasie te soek en dan die pad met hulle te stap en die dorings uit die proses te haal. Ek het elke mens wat ek ontmoet het, gesien as ’n potensiële vriend na die tyd. 

Wat het jy die meeste geniet van jou beroep? Elke beroep het soos hulle sê sy “beserings”, maar vir my was elke deel van die proses heerlik. Die “listings” en om die regte kliënt by die regte eiendom uit te bring.

Wat beveel jy aan vir iemand wat ’n eiendomsagent wil word? Hulle moet weet dat die publiek nie altyd rasioneel optree nie en hulle moet dus weet dat hul emosies baie wipplank kan ry. Soos ’n spreker ons geleer het, moet agente ’n dik vel soos ’n renoster hê. Hulle moet ook besef dat jy lang ure werk – op tye wanneer ander mense op die strand ontspan, sal jy dallk besig wees met ’n skouhuis of kliënte.

Wat is jou resep vir sukses? Hanteer elke mens soos jy hanteer wil wees en jy sal die vrugte pluk. Harde werk en konstante opvolging van jou voorraad is ’n moet.

Wat is jou toekomsplanne? Ek het na jare as assosiaat van Marinda en Pauline besluit om saam met my eggenoot, Bles, nuwe besigheidsgeleenthede te ondersoek en besluit op ’n koffiestudio met ’n verskil waar ons ook verskeie soorte tee sal bedien by Langstraat 15. Inch x Inch-masjiene sal ook op die oomblik daar beskikbaar wees. Ons ondersoek nog moontlikhede.

Ek wil ook graag almal wat betrokke was by De Kaap hartlik bedank vir die wonderlike jare saam en vir almal alle voorspoed toewens. Ons sien uit daarna om julle by die nuwe besigheid te verwelkom!

Byskrif: Mona de Wet (tweede van regs) saam met haar De Kaap-span: Karen Ikin, Vernique Pockpas, Frank Self, Marinda Self en Pieter le Roux.

Related posts

Die Storie van die Bul en die Beer

Des Sinclair

SENSE OF HEAT AND TOUCH RESEARCH WINS NOBEL PRIZE

James Callagher

MANY HANDS MAKE LIGHT WORK

Scott Thomson

WAS JULLE HANDE EN SIT IN JULLE TANDE!

Dine van Zyl

DIE FLUISTERBOOM VAN ALBERTINIA

Izak Van der Merwe

VOËLKYK TUSSEN DIE GROOTVOETE

Christaan Viljoen