THE POST se gedrukte uitgawe vir September  2024 is nog nie beskikbaar by ons gereelde verspreidingspunte nie.

Ons gereelde drukker se rolpers het tydens die druk van ons tydskrif ’n meganiese-probleem opgedoen waarvoor onderdele tans ingevoer word. Die drukker het vir instaan-kapasiteit by ’n drukker in Port Elizabeth gereël.  Die proses is dus vertraag en ons is dus nog nie op straat nie.  Hou ons sosiale media dop vir meer inligting. Die gesegde is “daar altyd ’n eerste keer”, en hierdie is ’n eerste vir die tydskrif om nie betyds op die rakke te wees nie.

Dié September 2024 uitgawe is egter reeds in PDF-formaat op ons webwerf beskikbaar.  Klik, blaai en lees gerus die PDF-weergawe op jou slimfoon, tablet of rekenaar terwyl ons op die gedrukte weergawe wag. Ons webadres is www.thepost.org.za.