16 C
Mossel Bay
26th Sep 2023
Arts & CultureChildren's poetry and writingChildren's well-beingCommunity & LivingCrafts and hobbiesEvents & EntertainmentGeneral knowledgeNature & NurtureNewsTourism & Travel

MUSE SE TEMA NURTURE NATURE

Die Musefees se tema vir hierdie jaar, Nurture Nature, strek veel verder as die klein Suid-Kaapse dorpie, Groot-Brakrivier. Tydens ’n dinkskrum met lede van die gemeenskap is daar besluit om na kinders ver oor die seewaters heen ook uit te reik. Vir Trudie Pieterse, wat by hierdie projek betrokke is, beteken die woord “nurture” noodwendig om lief te wees vir iets en dit ’n drukkie te gee. Daarom het ’n beskermende drukkie vir die vernielde aarde eerste by haar opgekom toe sy gehoor het wat die tema vir die Musefees 2023 is. Die “gevoel” moes egter omgeskakel word in ’n praktiese, werkbare plan om iets uit sand te bou wat  daardie gevoel uitbeeld. Dis hoekom sy dadelik haar kind gekontak het vir hulp. Izak en AI (Artificial Intelligence) het vorendag gekom met die treffende ontwerp wat boekdele spreek en daar gaan wees vir almal om te geniet. 

Die Musefees word dus op 2 September 2023 om 10h00 amptelik met hierdie strandkuns aangekondig by Suiderkruisstrand. ’n Sandkunstenaar, Elzaan Harmse, sal die vorm soos getoon op die sand skep terwyl almal anders patrone rondom die hoofbeeld kan bou. Bring leë 1kg-joghurthouers (wat jy sommer nou al kan begin bymekaarmaak) en kom geniet hierdie kreatiewe oggend saam met ons.

Related posts

THE SPOTTED EAGLE OWL

Peter Ginn

TRAVELLING WITH KIDS

James Fouche

Fossil Tracks Along Our Coast

Dr Charles Helm

S.M.A.R.T – Spesiale Besoekers aan ons Kus

Tersia Marais

To Spin

Lydie Terblanche

WAT VIR JOU BELANGRIK IS

Madelein Campher