23 C
Mossel Bay
1st December 2023
Children's well-beingCommunity & LivingGeneral knowledgeHealth & BeautyRelationships

PRAAT-PRAAT DEUR DIE LEWE

Daar is ’n Sweedse spreekwoord wat lui: “Shared joy is a double joy. Shared sorrow is half a sorrow.”

Om positiewe ervarings met ander mense te deel, verbeter ons gevoel van inklusiwiteit, geborgenheid en sin vir betekenis. Verder verhoog dit ons selfbeeld en verminder gevoelens van depressie, angs en isolasie.

Om oor negatiewe ervarings te praat, het baie waarde vir beide ons brein en ons liggaam. Navorsing wys dat om jou emosies in woorde uit te druk, die effek wat negatiewe belewenisse op jou brein kan hê, kan verminder. Om negatiewe emosies en gedagtes te onderdruk, kan stres vermeerder wat die brein en liggaam kan vermoei en jou meer vatbaar maak om siek te word of oor die algemeen nie lekker te voel nie.

Wanneer jy jou sorge of laste op ’n veilige plek deel, ervaar jy ’n gevoel van verligting. Dit is hoe jy, oor tyd, minder gespanne kan raak oor iets wat jou pla. Om bv. weer in ’n motor te ry nadat jy in ’n motorongeluk betrokke was, kan jou emosioneel oorweldig. Maar om deur die negatiewe ervaring te praat, jou gevoelens in woorde uit te druk en te verwerk wat gebeur het, maak dit moontlik om mettertyd in ’n motor te klim, sonder om weer dieselfde emosionele reaksie te hê.

Dit beteken nie dat om oor jou probleme te praat, al sou dit met kundiges wees, jou gelukkig of gesond sal maak nie, maar dit kan bydra tot die algehele verbetering in jou welsyn. Belangriker nog, dit kan jou help om te verstaan hoe en hoekom jy voel soos jy voel, sodat jy jou emosies in die toekoms beter kan hanteer.  

Dit is gesond om uiting te gee aan jou gevoelens, maar dit moet beide negatiewe en positiewe gevoelens insluit. Om ook te verwoord wanneer jy gelukkig is, maak dit makliker om die positiewe in ons brein vas te lê en uit negatiewe denkpatrone te breek. Dit het ook sosiale voordele – niemand hou daarvan om tyd met mense deur te bring wat net kan kla of slegs die negatiewe kan raaksien nie!

Wanneer jy weer oorweldig voel deur dit wat in jou lewe gebeur, onthou hierdie woorde van Nayyirah Waheed: “When I am afraid to speak is when I speak. That is when it is most important.”

Mag jou vreugdes verdubbel en jou hartseer halveer. 

Related posts

INSPIRASIE UIT THE POST!

Annlerie van Rooyen

Garden Route Port Fest Coming Up in November

Sithembo Soyaya

ANNA DAVEL IN GROOT-BRAK TYDENS DIE MUSEFEES!

Anna Davel

Stillpoints

Annlerie van Rooyen

TAKE THE TIME TO MAKE A CLOCK

Andrea van Eeden

TOLHUIS OP MONTAGUPAS

Gerda Stols