Klein vreugdes, groot geluk

Jare gelede het ’n gewilde tydskrif maandeliks ’n artikel gepubliseer oor vyf dinge wat verskillende bekende persoonlikhede vreugde bring. Alhoewel ek toe maar ’n jong meisie was, het die artikels ’n baie groot indruk op my gemaak. Dit was heerlik om te sien wat mense lys as dinge wat hulle vreugdemeter opjaag, maar wat meer was, hoe eenvoudig en alledaags die vreugdeverskaffers kon wees! Wanneer ons vreugde slegs uit die groot gebeure moes put, sou die lewe vir baie mense maar saai gewees het.

Hierdie maandelikse artikels jare gelede, het ’n diepe besef by my as jong meisie gelaat dat vreugde iets is waaroor ek tot ’n groot mate self beheer het. Ons almal is bewus daarvan dat daar ’n klomp dinge in die lewe is waaroor ons nie beheer het nie. Dit maak dit soveel meer belangrik om te besef waaroor ons wél beheer het en ’n berekende besluit te maak om dit te identifiseer en goed te bestuur.

Wanneer ons die tyd neem om te gaan sit en dink oor wat ons vreugde verskaf, is dit baie makliker om daardie vreugdes raak te sien wanneer dit opduik. Partykeer kan vreugdes so alledaags wees dat ons dit skaars as ’n punt kan lys, en juis daarom is dit goed om doelbewus daaroor te gaan dink. “Many people lose the small joys in the hope for the big happiness,” is wyse woorde van Pearl S. Buck.

Natuurlik kom vreugdes vir verskillende mense in verskillende gedaantes. Dankie tog daarvoor! Om daagliks byvoorbeeld 10 km te gaan draf sal beswaarlik vir my ’n vreugde wees, waar dit vir ’n ander persoon grootse genot sal verskaf. Die legio moontlikhede van dinge wat verskillende mense vreugde bring, is op sigself iets wat ons wêreld ’n meer vreugdevolle plek maak.

Dit is in orde dat dit wat jy moontlik op jou lysie mag skryf, glad nie vir ’n ander as ’n punt van vreugde beskryf kan word nie. “Different strokes for different folks,” soos die Engelsman sê. Ons uniekheid en andersheid maak die wêreld nimmereindigend interessant.

Wat is daardie klein vreugdes wat jou help om elke dag as besonders te beleef? Is dit die stilte vroegoggend voordat die hele huis begin wakker word? Die vreugde van musiek wat emosie diep binne jou roer? ’n Lekker boek wat jou skelm tydjies laat afknyp omdat jy dit eenvoudig nie kan neersit nie? ’n Groen blaartjie wat groei belowe aan ’n plant wat jy nie gedink het jy sal deurhaal nie?

Gaan dink daaroor en lys dit. Kies om jou vreugdes raak te sien. Is geluk nie die somtotaal van ’n klomp klein vreugdes nie? Ek dink so…

33 replies
  1. Anonymous
    Anonymous says:

    Thank you for your sharing. I am worried that I lack creative ideas. It is your article that makes me full of hope. Thank you. But, I have a question, can you help me?

  2. 注册Binance
    注册Binance says:

    Thank you for your sharing. I am worried that I lack creative ideas. It is your article that makes me full of hope. Thank you. But, I have a question, can you help me?

  3. бнанс
    бнанс says:

    Thank you for your sharing. I am worried that I lack creative ideas. It is your article that makes me full of hope. Thank you. But, I have a question, can you help me?

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *